Merlot – Lost and Found

We received this from Merlot’s mom, Liesel… as I was reading it, I had tears pouring down my face.

This is the story of Merlot, and how she was lost, for almost a week… and then found!

I hope you guys can all understand Afrikaans!

Merlot
Verlore en gevind.

Sondag (04/07/10) het ons besluit om met
ons 4 honde langs die strand Melkbos te gaan baljaar.Met groot opgewondenheid het
ons hulle almal in die bakkie gelaai.
Merlot wou toe soos gewoonlik op my skoot kom sit terwyl ons ry.Sy het die bakkie se
agterste venster oop geskuif en teen 80km per uur die grond getref,gerol en
weggehardloop.Die voertuig agter ons het haar gelukkig nie getref nie.
Ek was verbysterd……angs,vrees en n beklemming het my oorval…….my poppie hond
kind is dood en weg………………
Die vrees aanjaende soektog het begin.Ons het geroep en gesoek en vreesbevange rond
gehardloop.Elke liewe sekonde het erger geword en n golf van doodse angs het my
oorval……waar is Merlot en wat gaan in daai honde breintjie aan? Sy is in skok en
moes geweldig seer gekry het.
Tussen die duine het ons na God geroep en gesmeek om daardie liefling hondjie (wat nie
eers in die koue rëen sonder haar rëenjassie uitgaan nie) terug in veiligheid te besorg.
Ek het my ouers gebel(Pa Soon Zevenster en Ma Betsie Zevenster)”Kom help soek asb.
Ons liefling hondjie is in die koue nag iewers by die see in die bosse.”!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Pa en was binne 10minute daar.
Dit het gebeur op die pad vanaf Big Bay na Melkbos.By die kultuur sentrumhet Merlot
uit bakkie geval.Dis baie dig bebos daar en die pad geweldig besig.

My ouers het tot laat nag gesoek.Michael Gray (die veearts spesialis van Panorama
Diere Kliniek) het ook kom help soek(Ek het n maand terug daar begin werk)Hy ken
diere en het naarstigtelik gehelp soek.Ons 4 het geroep en gesoek.My ouers is terug huis
toe om flitse,water en kos te bring…..dit het n soektog geword tot in die vroeë oggend
ure.
My ouers het die ander Beagle Vlekkie Merlot se sussie gaan haal met die ander 3 honde
met die hoop dat dit sou help.Tevergeefs…………..
Ons moes toe terug keer huiswaarts want die ander honde was geweldig uitgeput en my
arme ouers was gedaan.
Verslae stap ons die huis binne……daar staan Merlot se kos bakkie en haar snoesige
bedjie is leeg………
Benoud het ek na my kamer gegaan en na DIE HERE geroep……!!!!!!!!!!
Dis net die Almagtige God wat nou vir Merlot kan bewaar.
Ek kon nie slaap nie.Slaap was nie moontlik nie en ek het begin sms`e stuur na getroue
vriendinne.Ondersteuning was nou noodsaaklik.
Merlot behoort ook aan die Beagle Klub van die Wes-Kaap.Christene Brindell wat
stigter is van die Klub het volstoom mail begin uitstuur op Gumtree,facebook en die
website van Beagles.Die ondersteuning van die klub was ONGELOOFLIK!!!!!!!!!!!!
Pamflette was oral in die area opgeplak.Mense wat ek skaars geken het van die klub het
deur gekom en gehelp soek.Elke liewe lid het sy of haar deel gedoen.Nog nooit in my
lewe het ek so n ondersteuningsgroep teegekom nie.Magriet van die Paarl wat ook n
Beagle het het deurgekom en klomp plakate opgesit.Die strande is plat geloop.Daagliks
het vriende en kenisse die strand en bosse plat geloop.Carol van Animal tracks het op en
af gery in die area.My dierbare ouers het deur die nagte gesoek sonder om te dink aan
slaap.Snags en in die vroeë oggend ure het mense wat haar gewaar het geskakel.Die
wagte by Atlantic Estate het haar daar een oggend 3;30am langs die draad gewaar waar
sy water kom drink het.Hulle kon haar glad nie vang nie sy was soos blits weg.Ons het
onmiddellik deur gejaag en weereens terleurgesteld terug gekom huis toe.
Merlot was verskrik en in skok.Sy het toe reeds al vir 4 dae nie kos nie en slaap iewers
in die bos, koud sonder haar kombersie alleen tussen wildekatte,slange en op harde sand.
My pa het een aand besluit ons moet kamp langs see by die kultuur sentrum en
braai.Merlot sal die reuk optel en na ons toe kom…………… maar tevergeefs.Die volgende
dag het ons weer die strand aangepak.My moeder (67l) het toe al reeds teen die tyd 4x
die strand plat gestap vanaf 3de steen tot by die Kultuur sentrum.Pa het ook so gestap en

gery om kos en water aan ons te verskaf.Komberse,baadjies,kos is elke aand en dag
gelaai om Merlot te soek.Saans laat en soggens vroeg het ons gery en gesoek……..
My arme ouers se lewe het tot stilstand gekom en net n verbouereerde soektog
nagmerrie lewe is gelei.
Pa Soon het getrou geglo en ons het gereeld saam gekniel en in gebed na God gegaan.
Vriendinne het getrou gebid en geglo.
My nuwe werk was n geweldige ondersteuning.Erica (Praktyk Bestuurderes) en
Nadia(Diens Bestuurderes). Michael Gray die eienaar van praktyk het snags laat
deurgekom en gehelp soek.By die werk bedags was ek getrou deur hulle en kliënte
geondersteun.Wanneer ek gewerk het het my ouers Merlot intens gesoek.
Teen Woensdag het gemoedere begin sak maar die vertroue het bly staan.Ons het getrou
gebid en geglo.Moegheid het ons almal oorval en ons was uitgeput.Alles het net gegaan
oor Merlot en nie oor ons nie.My ouers is die mees onselfsugtig mense wat ek nog ooit
teegekom het.Daar is nie een maal gekla nie……net n soektog wat in vertroue plaas
gevind het.
Donderdag 08/07/2010.
Ons het begin om die Here te loof vir wat Hy gaan doen.
Ons was totaal uitgeput.Teen die tyd het n paar mense ons al geskakel wat haar teen die
pad snags gewaar het.n Polisieman het een aand gedink dis n springbokkie langs die pad
maar toe erken hy haar…..die prag hondjie op die foto……
Hy het ons om 22hoo geskakel en onmiddellik het ons weer deurgejaag en weer druip
stert teruggekom.
Dieselfde aand het die wagte van Atlantic beach estate haar ook gewaar.
Dit was die ergste vir ons dat sy na niemand toe wil gaan nie ….sy wag net vir ons daar
in die bos langs die pad waar sy ons verloor het.So getrou!!!!!!!!!!!!….maar sy vlug vir
almal en sy kan dan vir ure nie opgespoor word nie.
08/07/2010-14h00.
Na werk is ek huistoe om weer te begin soek.Ounooi my German-Shepard het toe weer
die soektog met my begin.Ouers het gou gaan kos koop vir nog n aand en dag se soektog
Snags was dit ysigkoud…al waaraan ons kon dink is Merlot.Sy ken net n warm bedjie en
baie liefde.Sy is bang vir alle vreemde mense en is glad nie n buite hondjie nie.
Die Sondag wat sy weggeraak het het sy haar beker verwerf as die wenner van die
Beagle-run vir 2009.Haar blou wenner jassie en beker was hier maar sy is
spoorloos……dit was uiters pynlik.

Teen 6pm gewaar ek weer my ouers teen die strand stap.My arme ma kon skaars een tree
stap maar sy het deurgedruk……..
Ounooi en die ander honde was gedaan.My pa se skoene was al deurgeloop……stemme
is weg van roep……..n nagmerrie,vrees het n werklikheid geword.!!!!!!!!!!!
08/07/2010,19h00
Ons was terug huis toe om te eet en pa het weereens die motor vol petrol gemaak.dik
jasse is ingepak,waterflesse en flitse.
Ons besluit toe dat ek en Ounooi padlangs moet stap. (net na 3de steen tot voor
Melkbos by Kultuursentrum.
Michael vir wie ek werk bel my toe ook en sê hy kom ook weereens deur om te kom
help soek.Die arme man was doodmoeg want hy moes baie operasies die dag uitvoer.
Pa stel toe voor ek stap met n kosbak gevul met honde pille en skud dit soos ek haar
roep.Pa en ma ry toe so 100meter voor my.Die staptog begin.(pa het oor die 700km
altesaam gery)Pa se nuwe kar was vol seesand en modder….skoene was flenters…….
Ons het langs die pad gestop en hande gavat.Pa het gebid in alle erns……pa het ons almal
teen die tyd emosioneel gedra.
Dis ysig koud en pik donker.Motors jaag op die pad heen en weer.Die ligte verblind jou
oë.Ek dink by myself…wat gaan deur daai ou honde breintjie nou??? Dit was n bittere
hartseer aand vir ons almal.
So word daar gestap en n stainless steel bak word geslaan met pitte in.Dit klink erg in
die aand.Ek roep haar naam……n hartseer kreed in n donker nag…..
Ouers ry 100meter stop en draai dan weer om na my en Ounooi…bring water.My keel
toe al rou geroep,Ounooi se potjies seer gestap…….ouers gedaan maar geloof en vertroue
bly staan.
Daar was ook n geval waar ek amper deur n vreemde man opgetel is maar pa so vinnig
met spotligte op die man dat hy stert tussen bene daar weggejaag het.
Pa ry toe weer so 150meter vooruit.Skielik is dit pikgiet donker…..ek sien hul nie…….dis
net ek en Ounooi.Daar is nie n motor op die pad nie.
Ek begin weer tot God roep en met alle erns smeek……..ek begin God loof en sing n
vertrouens liedjie……my stem breek en ek val op my knieë langs n bos…….”my God my
God het U my verlaat”?!!!!!!!(ek het wel geweet Sy engele bewaar Merlot).

SKIELIK IS DAAR N SAGTE BEWEGING IN DIE BOS….ONS STAAN
STIL…….WEER N GERITSEL……DIT KOM NADER……..DIE TAKKE BREEK EN
DAAR IS IETS WAT BAIE VINNIG NADER
KOM……………………………………………………………………………………………………………………
……………………………………………………………………………………………………………………………
……………………………………………………………………………………………………………………………
……………………………………………………………………………………………………………………………
`N GODLIKE TEENWOORDIGHEID OORVALMY EN EK BEGIN
SKREEU……..MY GOD…MY …GOD…..U IS
GETROU…………………………………………………………………………..
`n Yskoue lyfie spring toe uit die bos in my arms want ek het afgebuig…..n nat tongetjie
lek my oor my gesig en in my nek…..ons val in die bos en ek klou vas aan haar….dis
Merlot.Sy tjank en soen en lek…..vergete is die kos…sy het my nie verlaat om te eet
nie…..soos n mens het haar potjies om my nek gevou.
Met n kreet wat uit my maag uit brul….loof ek GOD EN Al WAT EK KON SKREEU IN
DIE DONKER NAG IS ‘MY…….GOD…MY ….GOD….MY KIND…MY
KIND…………GOD U IS SO GETROU……….!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!.
Teen die tyd het my ouers my verloor want ek lê in die bos…….
Die eerste gedagte wat by hulle opkom is…..”ek het iets oorgekom of op Merlot se lykie
afgekom.
Pa hardloop toe oor die pad nadat n motor hom amper omgery het…..ma sit benoud in
die kar en bid.Dadlik het ek Michael gebel…. om te kom help met haar versorging……
Pa staan verstom langs my en neem Merlot in sy arms.By die kar gee pa vir haar n vars
stuk hoender wat hy spesiaal die middag vol vertroue vir haar gekoop het.Sy was
bitterlik honger………dit het ons harte gebreek om te sien hoe honger sy was.
Merlot was oortrek met bosluise, haar ogie bo het n efense sny gehad van die val…..maar
verder niks…………engele het haar bewaar…….
Ons is huistoe en ek en Michael is dadlik diere hospitaal toe met Merlot……
Die volgende oggend het sy nog net soos sy met haar moeë lyfie in my arms geslaap het
gelê…….
Ek en mamma het later die oggend elkeen n pragtige bos blomme van Michael
gekry.Die sms`e vir Merlot stop nie…..die pragtige mail wat ons ontvang is hartroerend.

Die ondersteuning wat ons ontvang het was ongelooflik.Dankie aan almal van die
Beagle-klub!!!!!!Julle het ons as familie gedra en bo verwagtinge ge-ondersteun.Al my
vriendinne wat gebel en gebid het so baie baie dankie.
Mag Jesus julle almal seën,bewaar en beskerm in die jaar wat voorlê.
Baie baie dankie
Pa Soon.mamma Betsie,Liesel en
Merlot.

9 Responses to “ Merlot – Lost and Found ”

  1. Tanya admin says:

    Liesel, I cannot imagine what you went thru!!
    You have very very special parents and friends who were so very dedicated in helping you find your baby girl!

    So many people up in JHB were asking me about you and Merlot and if she had been found, and how was doing etc.

    We felt so helpless not being able to anything more, so we prayed for Merlot and for you… and sent you lots of beagle love!

    We are a big family – even if we have never met!!

    Sending you and merlot lots of love and hugs!!

    – Tanya

  2. Makkie says:

    Welkom tuis Merlot!!

    My oudste beagle, Beatle, het ook as ‘n jong hondjie in die middel van die Gillooly’s interchange in Jhb op pad na ‘n skou, uitgespring. Gelukkig het hy stilgestaan langs die pad. Ons was besig om af te draai so gelukkig het ons stadig gery en hy het niks oorgekom nie, net bietjie bewerig.

    Maar so leer ons om voorbereid te wees op die onverwagte. Ek wens eintlik ek kan hulle toedraai in watte!

    Baie bly Merlot is tuis ???

  3. Makkie says:

    (Dit moet wees – Baie bly Merlot is tuis!!! 🙂

  4. Virginia says:

    Hi Liesel,
    I am so glad Merlot was found by you- I have a sister at Atlantic beach and when we saw your babe was missing I asked her to look out for a beagle. Our beagles won’t go to strangers which makes it very hard for anyone to help them come home. Your persistence is what worked in the end. God is good and he heard his faithful child call out.
    Happy beagle days- I am sure Merlot is warm, rested,and back to her goal weight
    much love
    Virginia

  5. Michelle Gouws says:

    Hi Liesl,

    Sjoe, jou brief bring soveel herhinnering terug van toe ons liefling Rachel weggeraak het. Ek kan saam met jou die Here prys dat ons pragtige liefdevolle honde terug by ons is. Dit is werklik net genade van Hom af maar dit is vir my amazing dat Hy hulle so gebruik om in ons lewens te werk. Na wat met my en jou gebeur het hou ek dit baie styf vas in my hart sodat ek nooit weer in die Here se getrouheid sal twyfel nie. Hy ken ons harte en sorg vir ons ALTYD! Baie bly julle kon dit ook ervaar. En halleluja vir ouers!

  6. Mercia Kruger says:

    Ek is so bly julle het vir Merlot gekry. Ek het ook 2 beagles en weet nie wat ek sal doen as hulle moet wegraak nie. Lots of love, Mercia

  7. Liesel Gray says:

    Hallo daar julle beagle liefhebbers…..dankie nogmals vir al die pragtige briewe…ek lees gereeld julle ondersteunende briewe met my Merlot wat weg geraak het…..mag julle almal n wonderlike beskermende beagle hunt jaar beleef….!!!

  8. Anna says:

    Liesel, Ek het jou vandag in die craft winkeltjie in Northumberlandstraat ontmoet en ook vir Merlot in die pram! Ek het nou-net jou storie gelees en kan my indink hoe jy moes gevoel het. As ek geweet het, sou ek ook kom help soek het. Ek is SOOOOOO bly jy het haar gekry. Anna Ns Ek het ook hondekinders!! 10/03/12

  9. BestManuela says:

    I see you don’t monetize beagles.co.za, don’t waste your traffic, you can earn extra bucks every month with new monetization method.
    This is the best adsense alternative for any type of website (they approve all websites),
    for more details simply search in gooogle: murgrabia’s tools

Leave a Reply